Tiger sê hy kom terug, maar dit sal nog ‘n tydjie duur

Die 15-malige major-kampioen, Tiger Woods, sê hy is vol vertroue dat hy eendag weer sal terugkeer om aan die PGA-toernooi deel te neem. Die 46-jarige Woods is in April verlede jaar ernstig beseer in ‘n motorongeluk buite Los Angeles in Kalifornië. Hy het sedert die Meesters in November 2020 nog nie weer aan ‘n PGA-toernooi deelgeneem nie. Woods sê sy gesondheid raak steeds beter, maar dit sal nog lank neem voor hy na die kompetisie kan terugkeer: