10 000 hotelbeddens vir Covid-pasiënte in Hongkong

Owerhede in Hongkong beplan om tot 10 000 hotelkamers vir Covid-19-pasiënte beskikbaar te stel, na die stad ‘n oplewing in gevalle ervaar en hospitale oorweldig word. Media in die stad berig die regering sal toetsing vanaf Maart verpligtend maak. Daaglikse infeksies het sedert begin Februarie meer as 40 keer toegeneem en owerhede het skole, gimnasiums, en meer, sowel as openbare plekke gesluit.