Tiger Brands-stigting bou voedingsentrums

Die Tiger Brand-stigting, wat onlangs sy 100-miljoenste ete aan skoolkinders uitgedeel het, sê hulle ondersteun ook onderrig deur voedingsentrums te bou, leierskapsontwikkeling en navorsing, asook die vergroting van kapasiteit. Die direkteur van die stigting, Eugene Absalom, sê hulle fokus ook nou op higiëne in die skoolomgewing. Hiervoor het die stigting die opleiding van koshanteerders in 2017 begin en het intussen tien kursusse in koshantering in al nege provinsies aangebied. Altesaam 446 koshanteerders en 39 monitors is opgelei.