Unicef, Unesco vra vir beter onderwys in Afrika

Die Verenigde Nasies se Internasionale Kindernoodfonds en Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie vra vir dringende optrede om in die Covid-era beter leergeleenthede vir kinders in die oostelike dele van Afrika en Suider-Afrika te skep. In ‘n gesamentlike verklaring wat op Internasionale Onderwysdag vrygestel is, het Unicef en Unesco Afrika-regerings, skole, onderwysers, ouers, kinders en die privaatsektor gevra om hulle deel te doen om onderwys in Afrika te verbeter. Hulle sê selfs voor die pandemie het die oorgrote meerderheid kinders in Afrika ‘n uitgebreide leer-krisis ervaar.