Tiere herstel uiters goed in Indië, konflik neem ook toe

Indië se wilde tierbevolking – verreweg die grootste ter wêreld – het bo 3 000 gestyg. Dit is volgens ’n sensus wat pas vrygestel is. Die land het die afgelope jare groot pogings aangewend om te verhoed dat die ikoniese roofdier uitsterf. In die afgelope 100 jaar het die tier meer as 93 persent van sy natuurlike verspreidingsgebied verloor en oorleef nou net in verspreide bevolkings in 13 lande, volgens die Internasionale Unie vir Natuurbewaring. Die Indiese sensus het 3 167 tiere in die natuur regoor die land gevind, vergeleke met 2 967 wat in die laaste telling vier jaar gelede aangemeld is. Maar, dit is nie alles goeie nuus nie. Konflik met landelike gemeenskappe neem ook toe en die groei in die tierbevolking toon dit met ‘n verlangsaming tot 7 persent groei in die afgelope vier jaar teenoor 30 persent wat in die vorige vier jaar aangeteken is.