Filippynse maatskappy maak ‘n ‘teddie’ van Wollie of Wagter, na sy dood

En hier is nou vir jou ‘n ding, veral as jy baie lief is vir jou hondebaba, of jou kat, of hamster, of wat ookal? Die Filippynse speelgoedmaker David Tan word oorval met bestellings van bedroefde troeteldiereienaars wat hul honde, katte, hamsters en hase met opgestopte speelgoed of ‘plushies’ wil onthou na hulle dood. Tan en ‘n span van 20 werknemers gebruik foto’s om lewensgetroue replikas van die dooie troeteldiere te skep. Tan, wat die Pampanga Teddy Bear Factory besit, sê die realistiese weergawe is in werklikheid ‘n speelding. Sou jy een wou bestel, sal dit jou net minder as 1 900 Namibiese dollar kos, dis nou behalwe die vervoerkostes vanaf die Filippyne.