Tientalle vermis na boot in Nigerië sink

Tientalle mense, hoofsaaklik vroue en kinders, word vermis ná ‘n boot in Nigerië in twee gebreek en gesink het. Sowat 40 van die 200 passasiers is gered. Die boot kon eintlik slegs 80 passasiers dra. Volgens internasionale nuusagentskappe was daar glo ook sandsakke aan boord.