Tieners wat tiener glo vermoor in hof

Twee verdagtes van 18 en 19 jaar oud sal na verwagting vandag in die landdroshof op Balfour, in Mpumalanga, verskyn vir die beweerde moord van ‘n 15-jarige meisie. Haar liggaam is langs ’n vervalle en onvoltooide huis gevind. Die woordvoerder van die polisie, Selvy Mohlala, sê ’n lykskouing word gedoen as deel van die voortgesette ondersoek. Mohlala hoop dat die reg sy gang sal gaan en geregtigheid sal geskied.