Biden weggehaas van ‘sekuriteitsvoorval’

Daar was ʼn sekuriteitsvoorval naby die Amerikaanse president Joe Biden se motorstoet toe ʼn motor teen ʼn voertuig van die Geheime Diens gebots het. Die voorval het gebeur toe die president sy veldtoghoofkwartier in Delaware verlaat het. ʼn Sedanmotor het met ʼn harde slag teen ʼn sportnutsvoertuig gebots wat by ʼn nabygeleë kruising sowat 40 meter van Biden af gestaan het. Veiligheidspersoneel het die president na ʼn wagtende voertuig gehaas en hy is weggeneem van die gebou in Wilmington se middestad.