Tiener veerpyltjie sensasie Luke Littler verloor eindstryd

Die tiener en veerpyltjiesensasie, Luke Littler, het nie sy sprokies-oorwinning by die Wêreld-veerpyltjiekampioenskap behaal nie nadat hy in die eindronde teen Luke Humphries verloor het. Die 16-jarige Littler het ʼn paar skitterende gooie gehad soos dié wat hom in die eindronde gebring het, maar Humphries, die wêreld se nommer een, het teruggeveg om met die titel en prysgeld van meer as 11,8 miljoen Namibiese dollar weg te stap. Littler, wat ook as The Nuke bekend is, sal ná sy ongelooflike veldtog steeds 4,7 miljoen Namibiese dollar in sy sak steek. Hy het Woensdagaand probeer om die jongste wêreld-veerpyltjiekampioen in die geskiedenis te word.