Tiener neem glo eie lewe na eksamenuitslae

’n 17-jarige tiener van die Onamutayi-Onanke-dorpie in die Omuntele-kiesafdeling het na bewering sy eie lewe geneem nadat hy Woensdag sy eksamenuitslae ontvang het. Die voorval is deur die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp, bevestig. Steenkamp het leerders versoek om met iemand te praat wat hulle vertrou wanneer dinge moeilik raak.