Gebruik minder water, Windhoekers!

Inwoners van Windhoek sal dringend moet begin water bespaar, aangesien die weeklikse teiken van 10 persent besparing telkens oorskrei word. Volgens Stad Windhoek is die teiken twee weke gelede met 21 persent oorskrei, en verlede week met 19 persent. Die stad beleef kategorie C-waterskaarste en met die sentrale damme wat slegs 22,6 persent vol is, het besparing van kardinale belang geword. Inwoners word versoek om nie meer as 50 liter water per persoon per dag te gebruik nie.