Tien dood in landmyn-onptloffing in Burkina Faso

Minstens tien mense is dood en vyf ander beseer toe ‘n passasiersbus oor ‘n landmyn in die ooste van Burkina Faso gery het. Die bus was op pad van die dorp Fada N’Gourma, sowat 220 kilomeer van die hoofstad Ouagadougou, na die grensdorpie Kantchari naby die buurland Niger. Niemand het tot dusver verwantwoordelikheid vir die landmyn aanvaar nie. Die voorval was egter in ‘n gebied waar die regering teen opstandelinge veg wat met Al-Kaïda in Noord-Afrika verbind word, asook vegters van Isis. Rebelle beheer dele van die gebied in Burkina Faso. Hulle plunder sedert 2015 gereeld dorpe in die noordelike en oostelike streke van die land. Meer as 2 000 mense is vermoor en byna twee miljoen mense moet uit hul huise vlug.