Thierry Mugler sterf

Die Franse modeontwerper Thierry Mugler, is op die ouderdom van 73 oorlede. Mugler het vir talle sterre uitrustings ontwerp en van sy kliënte sluit Lady Gaga, Beyonce, David Bowie, Diana Ross en Duran Duran in. Mugler was baie gewild in die tagtiger jare en was bekend vir sy breë-skouerontwerpe met uiters lae halse. Die oorsaak van sy dood is nie bekend nie maar sy agent het aan internasionale nuusagentskappe bevestig dat dit natuurlike oorsake was.