Thiem tree aan einde van tennisseisoen uit
Tennis: Die voormalige Amerikaanse Ope-kampioen Dominic Thiem sal aan die einde van die 2024-seisoen uittree nadat hy deur ‘n onstuimige paar jaar gegaan het weens ‘n polsbesering. Hy het in 2021 ‘n polsgewrig besering opgedoen, wat sy betrokkenheid gekelder het en veroorsaak het dat hy op die wêreldranglys terug gesak het. Thiem, ‘n tweemalige Franse Ope-finalis, het in Januarie gesê hierdie seisoen is sy “laaste kans” om op so ‘n vlak te speel dat hy weer bo aan die ranglys kan wees en sy beste te gee.