Thiem, Raducanu begin onder vir Aussie Ope

Tennis: Die voormalige kampioene van die Amerikaanse Ope, Dominic Thiem en Emma Raducanu, is die groot name onder spelers wat moet kwalifiseer vir die Australiese Ope terwyl hulle na beserings weer hulle loopbane op koers kry. Thiem het verskeie probleme met sy fiksheid ondervind en het tot nommer 352 op die wêreldranglys teruggesak. Raducanu was nie ʼn promotorskeuse vir die Australiese Ope nie en moet nou dieselfde paadjie volg as toe sy in 2021 by Flushing Meadows getriomfeer het. Sy het toe die eerste speler in die Oop-era geword om ʼn major te wen nadat sy in die kwalifiserende rondes begin het.