Waarnemers sê DR Kongo-verkiesing ‘vreedsaam’

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se verkiesings-waarneming-sending het die Demokratiese Republiek van die Kongo geloof vir sy algehele vreedsame en kalm optrede tydens die verkiesing. Die verkiesing het gister tot ‘n einde gekom. Die hoof van die sending, Enock Kavindele, het sê egter hulle het verslae ontvang van etniese spanning en verkiesingsverwante geweld in sommige dele van die land. Veiligheidsagentskappe en belanghebbendes is versoek om die situasie noukeurig te bestuur om vrede en stabiliteit te verseker.