Theuns Jordaan se ma sterf twee dae na sy begrafnisdiens

Die geliefde Afrikaanse sanger Theuns Jordaan se ma, Maryna Jordaan, is minder as 48 uur na sy hartroerende begrafnisdiens dood. Sy was baie lank siek en te swak om sy begrafnisdiens Vrydag by te woon. Jordaan het op 17 November sy stryd teen leukemie verloor. Sy word oorleef deur haar man, Willie en dogter Linda.