Osona-vuur verwoes meer as 50 000 hektaar

Die brand wat verlede week by die Osona-weermagbasis begin het, het al reeds meer as 50 000 hektaar afgebrand. Dit het groot verliese veroorsaak op die plase Bergquell, Teufelsbach en Ovitoto. Die brand het in die rigting van Midgard beweeg en die weermag help glo nie om die vuur te blus nie.