Theo Erasmus sterf

Huldeblyke stroom in nadat die bekroonde Suid-Afrikaanse trekklavierspeler en komponis Theo Erasmus aan longkanker oorlede is. Die 79-jarige Erasmus sou op 4 November ‘n ATKV-toekenning ontvang vir sy bydrae oor 65-jaar tot die Afrikaanse musiekbedryf. Hy was in sy leeftyd ondermeer die hoof van die musiekdepartement by die destydse Afrikaanse Radiodiens en stigterslid van die Suid-Afrikaanse Akkordeon-assosiasie. Daar is nog geen begrafnisreëlings bekend gemaak nie.