Molnupiravir word steeds getoets as anti-virale medikasie

Molnupiravir, ’n mondelingse anti-virale medikasie, het die risiko vir hospitalisasie in pasiënte met matige Covid-19 tot 50% in tussentydse fase III kliniese proewe verminder. Dit word tans evalueer vir insluiting in die Wêreldgesondheidsorganisasie se riglyne vir die behandeling van Covid-19 afhangend van die goedkeuring vir gebruik deur regulerende owerhede. Indien dit goedgekeur word, sal dit die eerste mondelingse medikasie wees vir Covid-19-pasiënte met matige simptome en wat nie in die hospitaal opgeneem is nie.