Thailand se vlae is halfstok na skietdood van 37

Die regering van Thailand het opdrag gegee dat alle vlae vandag halfstok hang nadat 37 mense, die meeste kinders, gister by ‘n dagsorgsentrum vermoor is. ‘n Gewese polisielid het op slapende kinders by die sentrum in die Na Klang-distrik geskiet en hulle met ‘n mes gesteek. Hy het van die toneel gevlug, maar die polisie het hom na sy huis gevolg waar hy sy vrou en seun, en daarna homself om die lewe gebring het. Die aanval volg minder as ‘n maand nadat ‘n weermagoffisier twee van sy kollegas by ‘n basis in Bangkok doodgeskiet het.