Ons moet nog wag vir die reën

Namibië het sommer vinnig in die somer inbeweeg en temperature het reeds die hoogte ingeskiet. Daar is voorspellings vir ‘n baie goeie reënseisoen maar, volgens Odillo Kgobetsi van die Windhoek weerkantoor, sal ons nog moet wag.