Thabo Mbeki veroordeel ANC se opvolgingsgevegte

Die voormalige Suid-Afrikaanse President, Thabo Mbeki, sê Suid-Afrikaners wat die realiteit van stygende werkloosheid en maatskaplike ongelykheid in die gesig staar, gee nie om oor die ANC se interne opvolgingsdebat nie. Die voormalige president het ‘n besoek aan die Vrystaat op afgesluit. Die doel was om eenheid en hernuwing van party-strukture te bevorder. Mbeki is deur die tussentydse provinsiale komitee genooi. Hy het in Mangaung gepraat en gesê partyleiers is besig met veldtogte vir posisies, terwyl die ANC se eerste prioriteit moet wees om die mense te dien.