Tesla herroep 2 miljoen voertuie

Die elektriese motorvervaardiger, Tesla, het begin om meer as 2 miljoen voertuie in Amerika en Kanada te herroep as gevolg van risiko’s verbonde aan die sagteware van die stuuroutomaat. Die Amerikaanse National Highway Traffic Safety Administration waarsku teen ‘n verhoogde risiko vir botsings indien bestuurders die program vir bestuurderbystand verkeerd aanwend. Die herroeping raak verskeie Tesla-modelle en behels ‘n regstelling wat oor ʼn afstand uitgevoer kan word. Hoewel Tesla nie ten volle met die ontleding saamstem nie, het hy vrywillig ingestem tot die herroeping.