Amerikaners is nie lus vir Biden v. Trump nie

Uit die VSA word daar berig dat 70 persent van Amerikaners nie lus is vir ‘n presidensiële wedloop tussen Joe Biden en Donald Trump einde volgende jaar nie. Biden is op die oomblik nie vreeslik gewild nie en sy ondersteuning is tussen 37 en 39 persent, ver onder wat nodig is om ‘n kans te staan. Andrew Yang, Amerikaanse politikus, sakeman en regsman het sy mening in die verband so verwoord.