Terug na apartheidsjare toe, meen Zuma

Oudpresident Jacob Zuma sê in teenstelling met dit wat die propagandaveldtog teen hom probeer bereik, het hy nog nooit geweier om voor die staatskapingskommissie te verskyn nie. Die Konstitusionele Hof het Zuma verlede week 15 maande tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan minagting van die hof. Die Konstitusionele Hof het egter ingestem om Zuma se aansoek om die besluit te laat herroep, aan te hoor. Zuma het tydens ‘n mediakonferensie by sy woning in Nkandla in KwaZulu-Natal gesê al wat hy vra, is regverdigheid en konsekwentheid:

Intussen sê Zuma die feit dat hy tronkstraf opgelê is sonder ‘n verhoor behoort ‘n skok te wees vir almal wat vryheid en die oppergesag van die reg koester: