Terreur kniehalter SAOG-ontwikkeling

Die Suid-Afrikaanse Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking glo terrorisme bedreig die vordering wat die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap oor die jare gemaak het. Volgens minister Naledi Pandor sal lidstate altyd hard werk om Mosambiek by te staan om terrorisme in die noordelike dele van die land te beheer. Die minister het in Pretoria by die SAOG-troika ministeriële vergadering gepraat: