Terapie-honde staan familie in Florida by

Terwyl daar steeds 11 persone dood is en meer as 150 vermis word in die ineenstorting van die Champlain Towers in Surfside, Florida, fokus reddingswerkers op die puin waar slaapkamers was in ‘n poging om nog oorlewendes te red. Intussen is lede van die publiek wat terapie honde besit, gevra om hulle diere te bring om vertroosting aan familielede wat op nuus wag, te bied. Talle veterane van Amerikaanse oorloë in die Midde Ooste het terapie honde om hulle te help met posttraumatiese stres en die diere is spesiaal vir die doel opgelei. Patrick Williamson, ook ‘n veteraan, het sy hond Gracie gebring. Hy sê as sy hom kan help om beter te voel, kan sy dit vir ander ook doen.