Tennis: VSA weier Djokovic wéér toegang

Tennis: Novak Djokovic is uit die Miami Ope wat dié week begin. Die Serwiese kampioen kon nie spesiale vrywaring kry wat hom sou toelaat om Amerika binne te gaan sonder inenting teen Covid-19 nie. Die toernooi-organiseerders sê hulle het alles  probeer om ‘n reisvrywaring vir hom te bekom. Die 22-malige Grand Slam-wenner het hom ook aan die Indian Wells-toernooi onttrek.