Nuwe data verbind Covid-uitbreking met wasbere

Pas uitgereikte genetiese data van die voedselmark in Wuhan verbind die uitbreking van Covid-19 met wasbere. ‘n Groep navorsers het bevind dat sommige van die positiewe monsters van Covid-19 ryk is aan die DNS van wasbere wat voorkom in Asië. Die ontdekking bewys nie dat wasbere of ander diere wat met Covid besmet is, die pandemie veroorsaak het nie, maar wetenskaplikes wat die werk die afgelope week aan die Wêreldgesondheids-organisasie voorgelê het, meen dit maak so ‘n teorie meer waarskynlik. Navorsers krap steeds kop hoe die pandemie begin het.