Tennis: Twee top-gekeurdes in aksie by Indian Wells

Tennis: Die twee top-gekeurdes is vandag in aksie in die Indian Wells Meesters in Kalifornië. Iga Swiatek van Pole pak die Kanadees Bianca Andreescu in die derde ronde, gevolg deur die Spanjaard Carlos Alcaraz teen Tallon Griekspoor van Nederland. Alcaraz is die wêreld-nommer twee, maar omdat Novak Djokovic nie in die VSA speel nie, is hy die top-gekeurde.