United Aviation-groep sien Namibiese natuurskoon uit die lug

Die United Aviation-groep reis tans met sewe RV-vliegtuie in Namibië. Hulle wil graag Namibië se natuurskoon uit die lug beleef en vlieg vir ‘n week lank na al die uithoeke van die land. ‘n Lid van die groep Louis Smit, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.