Tennis: Tsitsipas kom te staan teen Spanjaard in Franse Ope

Tennis: Die vyfde gekeurde Stefanos Tsitsipasis is deur na die tweede ronde van die Franse Ope. Die Griek en 2021-finalis, het Jiri Vesely van die Tsjeggiese Republiek met 7-5, 6-3, 4-6, 7-6 geklop.  Hy sal nou te staan kom teen Roberto Carballes Baena van Spanje wat die Amerikaanse kwalifiseerder Emilio Nava in skoon stelle geklop het. Die tweemalige kwarteind-finalis Andrey Rublev  van Rusland, het Laslo Djere van Serwië 6-1, 3-6, 6-3, 6-4 geklop. In die vroue-trekking het Maria Sakkari van Griekeland die eerste van die top-tien gekeurdes geword wat in die Franse Ope uitgeskakel is toe sy in skoon stelle die knie voor Karolina Muchova van die Tsjeggiese Republiek moes buig.