Tennis: Svitolina boender Swiatek uit Wimbledon
Tennis: Elina Svitolina se droom-veldtog op Wimbledon deur voort. Die Oekraïner het haar plek in die halfeindronde bespreek met ‘n oorwinning oor die wêreld-nommer een, Iga Swiatek van Pole, op die hoofbaan. Die gewese wêreld-nommer drie het tot 39ste op die ranglys teruggesak sedert sy haar loopbaan opsy geskuif het om ma te word na haar troue met die gewilde Franse speler Gaël Monfils in 2021. Maar Swiatek het nie raad gehad met Svitolina se genadelose aanslag nie, en die Oekraïner het haar sewende oorwinning oor ‘n wêreld-nommer een beklink.