Tennis: Naomi Osaka is swanger

Tennis: Die viermalige grand slam-kampioen, Naomi Osaka, het aangekondig dat sy haar eerste kind verwag. Die 25-jarige speler het verlede week aan die Australiese Ope onttrek nadat sy sedert September verlede jaar nie deelgeneem het nie. Sy het egter geen rede vir haar onttrekking aangevoer nie. Osaka sê in ‘n inskrywing op sosiale media sy sien uit dat haar kind na een van haar wedstryde kyk en vir iemand sê dis my ma daardie. Die gewese wêreld-nommer-een uit Japan sê sy beplan om volgende jaar weer by die Australiese Ope in aksie te wees.