Ekonoom sê waarom Windhoek ‘n duur stad is

Alhoewel Windhoek onder die 20 duurste stede in Afrika gereken word, blyk dit dat dit eintlik goedkoper geword het in vergelyking met ander stede op die vasteland. Die Numbeo-lewenskoste-indeks het vanjaar Namibië se hoofstad as die 13de duurste stad om te woon in Afrika gelys, terwyl die 2021-indeks dit in die 10de plek geplaas het. In 2020 was Windhoek die vierde duurste stad op die vasteland. Verlede jaar was die hoofstad nie op die indeks gerangskik nie. Die 10 duurste stede om in Afrika te woon, is Senegal se Dakar, Ethiopië se Addis Abeba, Ivoorkus se Abidjan, Zimbabwe se Harare en Suid-Afrika se Johannesburg, gevolg deur Lagos in Nigerië, Pretoria in Suid-Afrika, Gaborone in Botswana, Kaapstad in Suid-Afrika en Khartoem in Soedan. Cirrus-ekonoom Robert McGregor gee die redes waarom Windhoek duur is.