Tennis: Kanadees pak Rus in eindronde in Marseille

Tennis: Die opkomende Kanadese ster, Felix Auger-Aliassime, het sy tweede opeenvolgende eindronde bereik en sal teen Andrey Rublev van Rusland te staan kom om die Marseille-titel. Auger-Aliassime het die Russiese kwalifiseerder, Roman Safiullin, met 7-6, 7-6 geklop. Die sewende gekeurde Rublev het in sy halfeindstryd ontslae geraak van Benjamin Bonzi van Frankyk met 6-3, 4-6, 6-3. Rublev maak ‘n gewoonte daarvan om die Franse se hoop tydens die toernooi te verpletter en het Richard Gasquet en Lucas Pouille in vroeëre rondes uitgeskakel.