Tennis: Holger Rune swik enkel, klop steeds Fransman Humbert
Tennis: Holger Rune het ‘n groot geskrik toe hy vandag sy regter-enkel geswik en op die baan by die Australiese Ope geval het. Die Deen het dit gou afgeskud en sy Franse teenstander Ugo Humbert met 6-4, 6-2 en 7-6 geklop. Rune is vir die eerste keer deur na die vierde ronde by Melbournepark. Hy kom nou teen die vyfde gekeurde Rus, Andrey Rublev, te staan. Hy het Daniel Evans van Brittanje met 4-6, 6-2 en 6-3 uitgeskakel. Novak Djokovic en Andy Murray is ook vandag in aksie.