Tennis: Duitser verras by Monte Carlo

Tennis: Die Duitser Jan-Lennard Struff het vir ‘n opskudding gesorg op die Monte Carlo-meesterstoernooi toe hy die vierde-gekeurde Casper Ruud uitgeskakel het. Die 24-jarige Noorweër word beskou as een van die opkomende sterre, maar die ongekeurde 32-jarige het hom in skoon stelle verslaan. In nog ‘n wedstryd in die ronde van 16, moes die sewende-gekeurde Jannik Sinner ‘n wedstrydpunt afweer voor hy die tiende-gekeurde Hubert Hurkacz van Pole kon klop. Hurkacz het die eerste stel gewen en ‘n wedstrydpunt gehad in die valbylpot van die tweede stel, maar die Italianer het teruggeveg en in drie stelle gewen.