Onafhanklike kragverskaffers wil Grondwethof toe vat  

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Onafhanklike Kragverskaffers het onderneem om Eskom voor die Konstitusionele Hof te daag as hy voortgaan om pogings teen te staan om beurtkrag op plaaslike vlak te verlig. Dit volg op Eskom se teenstand teen die Mafube plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat se ontwikkeling van vier sonkragplase. Die voorsitter van die vereniging, Tommy Garner, sê Eskom se benadering is tipies van die ANC-regering, en die bedryf sal dit beveg. Hy maan as Eskom voortgaan om die optimale gebruik van krag-selfopwekking teen te staan, sal alle beleggings in onafhanklike kragprojekte opdroog.