Ten spyte van uitdagings, presteer NamWater steeds goed

NamWater het uitdagings met infrastruktuur. Die stelsel wat water vanaf Swakoppoort na Von Bach moet oorpomp is tans stukkend en die naweek, is skade aan die pyplyn van Okahandja na Windhoek herstel. NamWater ontvang geen fondse van die regering nie, en vra ook nie reddingsboeie aan nie, al word die maatskappy meer as ‘n miljard dollar geskuld deur verskeie plaaslike owerhede. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder, Johannes Shigwedha gepraat oor die uitdagings.