Ten spyte van sanksies, is daar baie olie van Iran in die mark

Uitvoere van Iran se olie het in die laaste twee maande van 2022 nuwe hoogtepunte bereik en belowe goeie syfers vanjaar ondanks Amerikaanse sanksies. Ontleders sê versendings na China en Venezuela het die goeie syfers aangedryf. Teheran se olie-uitvoere is beperk sedert die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, in 2018 die 2015-kernooreenkoms verlaat het en sanksies heringestel het wat daarop gemik was om olie-uitvoere en die gepaardgaande inkomste aan Iran se regering te beperk. Met huidige President Joe Biden se pogings om die ooreenkoms te laat herleef het uitvoere weer toegeneem en sommige kenners meen dis die beste syfers sedert 2019. Ongeveer 1,137 miljoen vate is daagliks verkseep. Russiese olie is ook steeds in die mark. Brent verhandel op die oomblik met bo 84 Amerikaanse dollar ‘n vat, ‘n effe daling sedert Vrydag se handel.