Ten minste 37 sterf in olieraffinadery-brand
Twee swanger vroue is onder minstens 37 mense wat in die suide van Nigerië gesterf het toe ‘n onwettige olieraffinadery in vlamme uitgebars het. Die brand het in die Emohua-distrik in die Rivers-provinsie gebeur toe ‘n onwettige raffinadery ‘n nabygeleë oliereservoir aan die brand laat slaan het en die slagoffers onherkenbaar verbrand is. Verskeie ander slagoffers het ernstige brandwonde opgedoen. Onwettige raffinering is algemeen in die olieryke Niger-deltastreek, waar verarmde plaaslike inwoners pypleidings tap om brandstof te maak om teen ‘n wins te verkoop.