Telecom Namibia geteister deur kabeldiefstal

Telecom Namibia ervaar tans diensonderbrekings in Copper- en Nickelstraat in die Prosperita-nywerheidsgebied. Die onderbreking is weens ‘n voorval van kabeldiefstal by ‘n mangat in Michelle McLeanstraat. Ndapewa Neshila, woordvoerder van Telecom Namibia gesels met Kosmos 94.1 Nuus.