Tekorte in skole – ministerie is bewus, en werk daaraan

Die nuwe skooljaar van 2022 is in sy tweede week. Sommige graad 11- en 12-leerders is besig om hul eksamens te herskryf. Die grootste uitdaging vanjaar is dat sommige leerders landwyd nie plek in skole en koshuise kry nie. Dit lei tot paniek, maar die adjunk-uitvoerende direkteur in die onderwysministerie sê die ministerie is bewus daarvan en in gesprek met al die streke. Bohn sê die skuld moet deels voor ouers en voogde gelê word, omdat die proses al verlede jaar begin is.