Tekorte aan grane gaan pryse verder laat styg
Die erge tekorte aan grane, met sommige beramings wat meer as 53 persent aandui, gaan jou sak direk raak. Die hele Suider-Afrika het tekorte met Zimbabwe, Zambië en Malawi wat reeds noodtoestande verklaar het. Dit beteken ons is uitgelewer aan die internasionale markte. Volgens Hanks Saisai, akkerbou-kenner by Agribank, sal pryse styg…