Tekort veroorsaak deur huise wat te duur is vir die mark

Die Namibiese Minister van Stedelike Ontwikkeling Erastus Uutoni sê die oplossing vir die behuisingstekort in die land is dat ontwikkelaars huise bou wat die eindverbruiker kan bekostig. Hy sê plaaslike owerhede verkoop grond aan ontwikkelaars wat huise bou wat net die minderheid kan bekostig. Daar is tans ‘n wanverhouding tussen die tipe en koste van wonings op die mark en die behoeftes en bekostigbaarheid wat in die mark bestaan. Om die stand van sake verder te v