Tekort aan statistiek vir Karas-streek

Die aankondiging dat daar fondse bewillig is vir ‘n nasionale sensus volgende jaar bly in die nuus. Die minister van finansies Ipumbu Shiimi het die aankondiging gemaak. Onlangs het die streeks goewerneur van Karas, Aletha Frederick melding gemaak van die tekort aan statistiek om haar streek se ontwikkelings doelwitte noukeurig te kan beplan en deur te voer. In haar mening is dit teenproduktief om hulpbronne gelykop te versprei aan ‘n ongelyke samelewing. Die Karas-streek is bekend vir sy tekort aan ontwikkeling. Kosmos 94.1 nuus het aangeklop by die Direkteur van die Instituut vir Openbare beleidsnavorsing, Graham Hopwood vir sy mening.