Tekort aan inplanting-voorbehoedmiddels
Die Gautengse departement van gesondheid het deurlopende voorsiening van voorbehoedmiddels en gesinsbeplannings-dienste verseker ten spyte van die tekort aan inplanting-voorbehoedmiddels. Tussen Januarie en Maart vanjaar het die Gautengse Mediese Voorraad-depot 31 000 inplanting-voorbehoedmiddels bestel. Die verskaffer kon nie aan die vraag voldoen nie en het vanaf verlede week slegs 7 000 gelewer. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê dit is deel van ‘n breë kontrak waarin alle provinsies by dieselfde verskaffer bestel.